Die Heelalburg van Hertog Bloubaard (deel 2)

- door Carina Stander

Die burg van Hertog Bloubaard, deur H.J. Pieterse
Uitgegee deur Tafelberg, Kaapstad, 2000
Slapband, 105 bladsye/ 60 gedigte
ISBN: 0-624-03905-6

In November 2007 se essay vir in Letterland het ek die mitologiese gegewe van die Bloubaard-figuur en die toepassing van die Bloubaardsprokie in die digbundel, Die burg van hertog Bloubaard (2000) van H. J. Pieterse ondersoek. Vandeesmaand bespeek ek sowel die doodtematiek en die sikliese Heelaleier, as die styltegnieke in die bundel.

DOODSTEMATIEK EN DIE SIKLIESE "EIER VAN DIE HEELAL"

By die oopmaak van Die burg van hertog Bloubaard dien 'n aanhaling van Rainer Maria Rilke as voorspel vir die sikliese gang van die verse: "Nirgends, Geliebte, wird Welt sein, als innen. Unser Leben geht hin mit Verwandlung. Und immer geringer schwindet das Aussen". Dit word vertaal as: "Nêrens, geliefde, sal daar 'n wêreld wees as binne nie. Ons lewe gaan voort met verandering/ metamorfose en altyd kleiner verdwyn/ vervaag die buitekant."

Dat hierdie bundel draai om die raaisel van lewe, dood en vervreemding, is ook kenbaar aan die motto van Ted Hughes: "You were never more than a step from Paradise". By implikasie erken Huges hiermee dat die mens altyd naby is aan die dood en gevolglik ook aan 'n nuwe lewe na die dood.

Die tussenbladsye van die bundel is 'n afdruk van die bekende weergawe van Hildegard van Bingen se visioen van die kosmos, Die eier van die heelal. Die Eier-aarde is 'n antieke simbool wat volgens Cirlot dui op die oerbegin, die matriks, die spasie in die middelruim. Verder word dit verbind met vroulike vrugbaarheid en primordiale kragte.

Lees meer "Die Heelalburg van Hertog Bloubaard (deel 2)" »

Die Heelalburg van Hertog Bloubaard (deel 1)

- door Carina Stander

Die burg van Hertog Bloubaard, deur H.J. Pieterse
Uitgegee deur Tafelberg, Kaapstad, 2000
Slapband, 105 bladsye/ 60 gedigte
ISBN: 0-624-03905-6

Die burg van hertog Bloubaard Dit het H.J. Pieterse tien jaar geneem om Die burg van hertog Bloubaard (2000) te voltooi. Tien jaar sedert sy digdebuut, Alruin (1989) bekroon is met die Eugéne Marais Prys en Ingrid Jonkerprys. As redakteur van John Bojé se 'n Keur uit die Pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer (1990), is hy bekroon met die Akademieprys vir Vertaalde werk en in 2007 verskyn sy vertaling van Rainer Maria Rilke se beroemde Duino-Elegieë in Afrikaans. Pieterse was jarelange redakteur van Tydskrif vir Letterkunde en sedert 1997 is hy die brein agter die gewilde Bekgevegte, oftewel "performance poetry" wat onder andere by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en Aardklop (Potchefstroom) groot aftrek geniet. In 1998 verskyn 'n kontroversiële debuutbundel kortverhale, Omdat ons alles is en in Junie 2001 woon hy Poetry Internasional in Rotterdam by. 'n Jaar later ontvang hy die gesogte Hertzogprys van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy tweede bundel, Die burg van hertog Bloubaard. Sodoende vestig Pieterse homself as een van die betekenisvolste figure in die hedendaagse Afrikaanse poësie. Tans is hy professor in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria.

Lees meer "Die Heelalburg van Hertog Bloubaard (deel 1)" »

Vyftien musiekverse: die vloedbos sal weer vlug

- door Elbie Adendorff

die vloedbos sal weer vlieg In 2006 verskyn die debuutdigbundel van Carina Stander die vloedbos sal weer vlieg. In verskeie resensies oor die bundel word die digter se woordrykheid en klank- en beeldvaardighede geprys. Die gedigte spreek van 'n musikaliteit wat spruit uit die refreine, rympatrone, allitererende en assonerende klanke. Nie net is die woorde op papier musikaal nie, maar dit is ook musikaal op die oor – en daarom is dit seker geen wonder dat die digter in samewerking met Francois le Roux 'n cd saamgestel het met verse uit die bundel nie.
Francois le Roux, meer bekend as die HA! Man, is geen onbekende in musiekkringe nie. Kenmerke van sy musiek is waarskynlik die spontane ontstaan daarvan en die speelse element daarin. En daarom is dit dan ook nie vreemd dat die twee kunstenaarstemme van Carina en Francois by mekaar uitgekom het nie en dat hulle mekaar so goed ondersteun en komplementeer nie.

Lees meer "Vyftien musiekverse: die vloedbos sal weer vlug" »

Die Voëlvry-beweging se groter konteks

- door Elbie Adendorff

VoëlvryMet die publikasie van die boek Voëlvry is die stormagtige tydperk van die tagtigerjare weer in die nuus. In die beriggewing rondom die verskyning van die boek is daar tot dusver nie verwys na die ander komponente wat 'n rol gespeel het in die stryd teen apartheid en die demokratiseringsproses nie. Die rol van onder meer kabarette, dramas, literêre tydskrifte en alternatiewe uitgewersisteme het ook 'n bydrae gelewer tot die proses van die demokratisering van Afrikaanse musiek – en moontlik die Afrikaanse samelewing.

Lees meer "Die Voëlvry-beweging se groter konteks" »

Jacques Brel in Afrikaans

- door Elbie Adendorff

Herman van den Berg sing Brel in Afrikaans Om Jacques Brel as 'n vertalingsprojek aan te pak en daarvan 'n verhoog­produksie te maak; en nog later 'n cd daarvan te maak, sit nie in elkeen nie. Dit is 'n waagstuk omdat so baie kunstenaars hier plaaslik, asook internasionaal, Brel se musiek vertaal en vertolk het. Die meeste van die vertolkings op Suid-Afrikaanse verhoë, geskied egter in Engels, Nederlands en Frans. En nou is Jacques Brel in Afrikaans vertaal!
Naòmi Morgan en Bernard Odendaal van die Universiteit van die Vrystaat het die vertaalprojek aangepak. Die uiteindelik resultaat is 'n kabaretvertoning My man, Jacques Brel wat in 2005 by die Volksbladfees in Bloemfontein en in 2006 by die Woordfees op Stellenbosch op die planke gebring is. Dit is ook in 2006 in Gent opgevoer. Herman van den Berg het die liedere vertolk en Naòmi Morgan het die rol van Brel se vrou, Mische, gespeel.

Lees meer "Jacques Brel in Afrikaans" »

Performance poetry in die Afrikaanse poësiesisteem

- door Elbie Adendorff

Dit wil voorkom of podiumgeleenthede soos performances en happenings hoogs gewild in Suid-Afrika is. Hambidge (1997:114) wys in haar "Poësiekroniek" daarop dat die poësie gehoor wil word. Sy meen dat die poësie op hierdie manier meer toeganklik word, veral vir mense wat dié genre as "moeilik" ervaar. Die gewildheid van poësie as orale vorm in die Afrikaanse literêre sisteem blyk onder meer uit die toename in bywoningsgetalle en die toenemende suksesse van voorleesgeleenthede en ander literêre geleenthede soos die Woordfees op Stellenbosch, die Poetry Africa-fees in Durban, die Passaatwinde-fees in Kaapstad, die Urban Voices ('n week lange poësie-indaba) in Johannesburg en die Versindaba, wat in 2005 en 2006 gereël is deur Protea Boekhuis in Stellenbosch. Ook Alfred Schaffer (2001:1) vestig die aandag op die gewildheid van voorlesings: "Poëzievoordrachten zijn in veel landen nog steeds zeer populair en worden goed bezocht. Steeds beter bezocht. Van kleine 'venues' tot groter festivals: de dichter en zijn gesproken woord staan nog steeds stevig in de belangstelling, al worden poëzie-bundels nog altijd met kleine oplagen de wereld in gestuurd."

Lees meer "Performance poetry in die Afrikaanse poësiesisteem" »

Is die pop en die rock-lirieke die poësie van die eie tyd?

- door Elbie Adendorff

Na aanleiding van my vorige artikel oor die stand van die Afrikaanse poësie teen die millenniumwending, kyk ek in die artikel na die vraag waarin lê die toekoms van die Afrikaanse poësie.

Lees meer "Is die pop en die rock-lirieke die poësie van die eie tyd?" »

Die stand van die Afrikaanse poësie

Elbie Adendorff Zoals eerder beloofd zal in Letterland op regelmatige basis aandacht gaan besteden aan Zuid-Afrikaanse poëzie. Deze bijdragen zullen echter niet, als aangekondigd, worden geschreven door Theo Kemp, maar door Elbie Adendorff (*), docent aan de universiteit van Stellenbosch (faculteit Afrikaans en Nederlands).

Ter inleiding een (geactualiseerd) referaat dat zij vorig jaar schreef over de stand van zaken betreffende de Afrikaanse poëzie.

Die Afrikaanse poësiesisteem teen die millenniumwending

Bepaalde tendense teen die millenniumwending, soos 'n afname in debuutbundels wat by hoofstroomuitgewers verskyn (en met hoofstroomuitgewers verwys ek spesifiek na NB-Uitgewers), lei tot die mening dat die poësie toenemend gemarginaliseerd raak. Tog blyk dit dat poësie as orale vorm of performance poetry baie gewild is. Dit kan gesien word in die toename van voorleesgeleenthede, soos die Versindaba wat in 2005 en 2006 in Stellenbosch gehou is en die suksesse van die Woordfees; asook die toename in die toonsettings van poësie.

By die 2005-Versindaba is 'n bespreking gewy aan die stand van die Afrikaanse poësie aangesien kommer uitgespreek word oor die huidige stand van die poësie, veral die sogenaamde gebrek aan nuwe stemme. Louise Viljoen van die Universiteit van Stellenbosch, as gesprekleier van die bespreking, het verwys na die feit dat die vraag na die nuwe stemme geen nuwe vraag is nie, terwyl Karen de Wet beweer dat daar nie minder publikasiegeleenthede vir digters is nie; die vraag moet eerder wees waar is die lesers. Daarteenoor voel die digter Charl-Pierre Naude minder positief oor die huidige poësie aangesien daar nie genoeg bewustheid onder die debute oor die breë intellektuele debat is nie. Reeds in 2002 is 'n lesingreeks van Die Burger by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn gewy aan die vraag waar die nuwe stemme in die letterkunde is. Daniel Hugo (bekende Afrikaanse digter) het ook in 2001 sy kommer oor die stand van die poësie uitgespreek aangesien die ses debute wat vir die Ingrid Jonker-prys van 2000 oorweeg is, nie een by gevestigde uitgewers verskyn het nie. Vir die 2002-toekenning is die aanvanklike 20 bundels uitgedun tot 5, waarvan nie een by hoofstroomuitgewers gepubliseer is nie. Willie Burger, van die Universiteit van Johannesburg, was ook van oordeel dat die letterkundepryse vir debuutwerke van 2001 daarop dui dat daar 'n tekort aan sterk debute is.

Ten einde na die Afrikaanse poësiesisteem teen die millenniumwending te kyk, word die uitgewersisteem eerstens kortliks bespreek en daarna word enkele tendense in die Afrikaanse poësiesisteem onder die loep geneem.

Lees verder...

(*) Dosent verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch. Doseer Letterkunde en Taalverwerwing. Doen tans navorsing oor performance poetry in die Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poësiesisteme; asook in Taalverwerwing. Stel belang in die teater, musiek en lees graag.

Feeds

  • klik hier voor het allerlaatste (literatuur-)nieuws


    > Meer feeds...

Zoeken

  •  

Gedicht, Gehoord, Gezien


  • Deze rubriek wordt voorlopig niet bijgewerkt.

Laatste reacties

Colofon

Advertenties