Die Heelalburg van Hertog Bloubaard (deel 1)
- door Carina Stander
Die burg van Hertog Bloubaard, deur H.J. Pieterse
Uitgegee deur Tafelberg, Kaapstad, 2000
Slapband, 105 bladsye/ 60 gedigte
ISBN: 0-624-03905-6
Dit het H.J. Pieterse tien jaar geneem om Die burg van hertog Bloubaard (2000) te voltooi. Tien jaar sedert sy digdebuut, Alruin (1989) bekroon is met die Eugéne Marais Prys en Ingrid Jonkerprys. As redakteur van John Bojé se 'n Keur uit die Pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer (1990), is hy bekroon met die Akademieprys vir Vertaalde werk en in 2007 verskyn sy vertaling van Rainer Maria Rilke se beroemde Duino-Elegieë in Afrikaans. Pieterse was jarelange redakteur van Tydskrif vir Letterkunde en sedert 1997 is hy die brein agter die gewilde Bekgevegte, oftewel "performance poetry" wat onder andere by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en Aardklop (Potchefstroom) groot aftrek geniet. In 1998 verskyn 'n kontroversiële debuutbundel kortverhale, Omdat ons alles is en in Junie 2001 woon hy Poetry Internasional in Rotterdam by. 'n Jaar later ontvang hy die gesogte Hertzogprys van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy tweede bundel, Die burg van hertog Bloubaard. Sodoende vestig Pieterse homself as een van die betekenisvolste figure in die hedendaagse Afrikaanse poësie. Tans is hy professor in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria.
Lees meer "Die Heelalburg van Hertog Bloubaard (deel 1)" »


In het laatst verschenen nummer van
Laatste reacties