« Dwangmuis | Hoofdmenu | Awater, winter 2007 »

Vragen van Neruda aan Naudé

(In Vragen van Neruda reageert een dichter op drie vragen uit het Boek der Vragen van Pablo Neruda. Deze keer: Charl-Pierre Naudé.)

Sie je niet dat de appelboom bloeit
om in de appel te sterven?

     Meneer Ambassadeur, ’n pragtige reël. U het bo alle twyfel ’n mooi manier van ’n ding stel. Maar as derde sekretaris is dit my taak om te vertaal: waar ék my bevind, hier in suidelike Afrika, sien ek slegs die doringboom wat groei om in sy dorings te sterf. (Appels groei in die Paradys, waar die vergrype veel meer onskuldig is.)
     U bedoel onder meer dat alle lewe sterflik is behalwe die sterfgang self, wat sigself gedurig herhaal en wesens oplewer, en daarom is niemand eintlik sterflik nie? Pragtige leuen! (Heel knap! U is diplomaat, nie altemit nie.) Hierdie benadering word soms pessimistiese optimisme genoem … ’n interessante idee wat hier te lande gedurig aan die armlastiges verkoop word deur die bevoorregtes (u ken die tendens): "Julle kleine appeltjies wat geen geld of inkomste het nie, het julle géén dankbaarheid nie? Dink tog aan die nuwe boom waaraan julle hang, Godverdomme! … ‘n Nuwe boom groei nie tot volwassenheid in een dag nie…"

Appels uit ’n noorsdoring? Die soetste pere uit die aalwyn? Ja, natuurlik, dit sien ek oral, maar slegs in die tuine van die heersers. Veral die nuwe rykes. (Die helfde van hulle voormalige Marxiste, Meneer. U het betyds gesterf.) Praat van nuwe bome…
     Maar helaas, oortuig nou daardie bekkige tuinier, Fanon, dat alles pluis is. Hy is al gedreig met afdanking, so hoor ek. En daardie bedelaar in flarde, die siener, Shakespeare in rags, had nou die dag te vertelle aan President MacBeth, sorry Mbeki, dat die bome aan’t loop gaan buite die stad. Arrogansie!
     Bome wat loop... wat wou!! Sulke mooie appelboompies met hul allerpragtige appeltjies, wat loop – loop?! – net soos op FASHION TV?
     Klink heel leuk, sê die president (snuif, snuif). Is dit wel inheemse bome?

Waarom herrineren oudjes zich
niets van schulden of brandwonden?
   
     Skulde en brandwonde? Van albei kan mens ontslae raak. Koop net ’n afkoopbrief by die Ministerie van Binnelandse Sake met die Pous se Seël daarop. And Bob’s your uncle.

Is dit waar dat in een mierenhoop
de dromen zijn voorgeschreven?

     Heel waar, maar gedeeltelik. En dis ook ’n insig waarvan ons in hierdie tye veral van moet kennis neem. Mense wat u van pseudo-wyshede beskuldig, Meneer Ambassadeur, is te wakker. Minder koffie drink, menere. Die grootste gevare lê in die buitenissige.
     Die kollektiewe geheue en veral die kolletiewe onbewussyn van die mensdom is op enige gegewe moment veel sterker teenwoordig as enige indiwiduele rede of indiwiduele visie. Op hierdie oomblik loop die miere met die aarde weg…
     Maar, as Homo Sapiens is ons ook toegerus om dit te om keer, as genoeg mense tot die soort insigte kom wat nodig is om ons rampspoedige, oorgeërfde instinkte aan te spreek, en dit te wysig.
     Maak ek van ’n berg ’n molshoop?
     Drup… drup… drup… 

Reacties

Laat een reactie achter

Feeds

  • klik hier voor het allerlaatste (literatuur-)nieuws


    > Meer feeds...

Zoeken

  •  

Laatste reacties

Colofon

Advertenties